
Finansminister Malusi Gigaba sê dit is in belang van die regering om nie die toestand van die ekonomie en die uitdagings waarmee die land te kampe het, met ‘n suikerlagie te bedek nie.
Terwyl die meeste ekonome ‘n belastingtekort van sowat R30 miljard verwag het, is die syfer inderwaarheid R50,8 miljard.
Gigaba het in sy mediumtermyn-beleidsverklaring in die Parlement gesê die regering is van plan om staatsbates te verkoop om uitgawes teen einde Maart volgende jaar binne die vereiste perk te bring.
Voor Gigaba sy toespraak gelewer het, het Mbuyiseni Ndlozi van die Ekonomiese Vryheidsvegters aan die Speaker, Baleka Mbete, gesê die party kan nie die minister toelaat om voort te gaan nie weens sy beweerde bande met die omstrede Gupta-familie.
The post Minister Gigaba erken sake lyk nie goed nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.