Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Skorsing van Apleni word tersyde gestel

$
0
0
Skorsing van Apleni word tersyde gestel

Die Hooggeregshof in Pretoria het Mkuseli Apleni se skorsing as direkteur-generaal van Binnelandse Sake tersyde gestel.

Die hof het bevind dat minister Hlengiwe Mkhize se optrede ongrondwetlik was en dat sy nie die bevoegdheid gehad het om dit te doen nie.

Sy is gelas om die koste van Apleni se aansoek te betaal.

Hy het buite die hof gesê hy is van plan om so gou moontlik terug te keer werk toe.

In dieselfde hof is President Jacob Zuma se uitvoerende magte steeds onder die soeklig.

Hy vra ‘n regshersiening van die gewese Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se bevindings in haar staatskapingsverslag.

Sy regspan betoog dat sy nie die mag gehad het om hom opdrag te gee om ‘n kommissie van ondersoek na staatskaping in te stel nie.

Advokaat Dali Mpofu het namens die UDM en Cope Zuma se standpunt teengestaan.

The post Skorsing van Apleni word tersyde gestel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!