
Die Nasionale Vervolgingsgesag het Ahmed Timol se familie ingelig dat die polisie gelas is om dossiere te open na aanleiding van sy dood tydens polisie-aanhouding in 1971.
Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria bevind het dat die destydse veiligheidspolisie hom vermoor het.
Die NVG sê drie gewese polisielede wat getuig het, gaan van meineed aangekla word en die gewese sersant Jan Rodrigues van medepligtigheid aan moord.
Hy was die laaste mens om Timol lewend te sien.
The post Apartheids-polisielede gaan vervolg word oor Ahmed Timol se dood appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.