Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Jaco Peyper is skeidsregter vir Saterdag se Curriebeker-eindstryd

$
0
0
Jaco Peyper is skeidsregter vir Saterdag se Curriebeker-eindstryd

Jaco Peyper gaan Saterdag die derde keer in die eindstryd blaas nadat hy aangestel is vir die kragmeting tussen die Haaie en Westelike Provinsie in Durban.

Hy was ook verlede jaar en in 2012 skeidsregter in die kampioenskap-stryde.

Peyper word bygestaan deur Egon Secons en AJ Jacobs, met Marius Jonker as televisie-skeidsregter.

Afskop is die middag vier uur.

Daar is intussen beserings in albei kampe.

Die WP-flank Jaco Coetzee het ‘n kopbesering en dit is nog nie seker of hy sal kan speel nie, terwyl die slot JD Schickerling van ‘n enkelbesering behoort te herstel.

Die senter EW Viljoen kan weens ‘n agterniesening-besering nie oorweeg word nie.

Die Haaie-vleuel Sbu Nkosi het sy elmboog verstuit en sal nie kan speel nie.

The post Jaco Peyper is skeidsregter vir Saterdag se Curriebeker-eindstryd appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!