
Namibië is een van die Afrikalande wat die Verenigde Nasies ondersoek vir
handelsbande met Noord-Korea, wat in stryd met sanksies is.
Die VN sê baie van die kontrakte is gesluit met die staatsbeheerde Noord-Koreaanse instelling Mansudae wat enigiets bou van ammunisie-fabrieke en presidensiële paleise tot woonstelgeboue.
Die Namibiese regering erken die kontrakte, maar sê dit is gekanselleer toe die VN-sanksies ingestel is.
The post VN ondersoek Namibië appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.