
President Jacob Zuma het ‘n proklamasie onderteken ingevolge waarvan
spesiale magte aan die Spesiale Ondersoekeenheid toegeken word om bewerings van wanadministrasie en korrupsie in die Alfred Nzo-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap te ondersoek.
Die presidensie sê die ondersoek sal ook bewerings van onbehoorlike en onregmatige gedrag deur raadslede, werknemers en beamptes van die distriksmunisipaliteit ondersoek.
Die beweerde onwettige besteding van staatstgeld of staatseiendom sal ook ondersoek word.
The post Eenheid gaan Alfred Nzo-distriksmunisipaliteit ondersoek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.