
Die DA sê vandag se bekendmaking van die jaarlikse misdaadsyfers onthul dat
52 moorde, 109 verkragtings en 46 kapings elke dag in Suid-Afrika plaasvind.
Die party skryf dit toe aan die chroniese tekort aan opleiding, personeel, bronne en toerusting in die Polisiediens.
Die DA sê boonop het hopeloos te veel Suid-Afrikaners rede om die polisie te vrees, wat veronderstel is om hulle te beskerm.
Die minister van Polisie, Fikile Mbalula, het met die bekendmaking van die misdaadsyfers in die Parlement onthul dat sy adjunk, Bongani Mkongi, afwesig
is omdat sy neef in Khayelitsha, vermoor is.
Mbalula sê die ontplooiing van die Weermag om die polisie te help met misdaadbestryding is ‘n taktiese besluit, en dat president Jacob Zuma uiteindelik sal besluit of soldate wel ontplooi gaan word.
The post “Suid-Afrikaners het hopeloos te veel rede om die polisie te vrees” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.