
Die minister van Polisie, Fikile Mbalula, sê aangemelde voorvalle van ernstige misdaad het met 1,5% afgeneem.
Hy het die jaarlikse misdaadstatistiek in die Parlement bekend gemaak en erken dat mense nie dié afname in hulle alledaagse lewe ervaar nie.
Mbalula sê die moordkoers het met 1,8% gestyg, maar kontakmisdaad het met 3,3% gedaal.
Hy beklemtoon dat die polisie dienslewering moet verbeter en dat gemeenskappe kla dat geregsdienaars hulle as ‘n ergernis hanteer.
The post Ernstige misdade neem af appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.