
Die kwik gaan vandag oor die grootste deel van Suid-Afrika heelwat styg.
‘n Brandwaarskuwing is vir die Kaapse provinsies uitgereik, terwyl enkele buie in die Kaapse Skiereiland en noordelike dele van die land kan voorkom.
Daar is kommer dat brande kan ontstaan in die Sentraal- en Klein Karoo in die Wes-Kaap, sentrale dele van die Noord-Kaap en noordwestelike dele van die Oos-Kaap.
Hittegolftoestande kom van vandag tot Donderdag toe voor in Mpumalanga en Limpopo.
Dit sal ook later in die Vrystaat warmer word.
Waterrantsoenering het intussen amptelik in die Kaapstadse metroraad begin.
Dit is die eerste fase van die stad se rampbestuursplan weens die ernstige
watertekort.
Damme is gemiddeld 38,5% vol, waarvan slegs sowat 28% bruikbaar is.
Die burgemeesterskomiteelid vir Water, Xanthea Limberg, sê die rantsoenering sal waarskynlik tot gevolg hê dat daar in die oggende en aande wateronderbrekings sal wees.
Sy sê alles moontlik word gedoen om water te bespaar.
The post Dit gaan warmer word appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.