
President Jacob Zuma se regsverteenwoordigers gaan vandag in die hof aanvoer dat hy nie ‘n kommissie van ondersoek na staatskaping hoef aan te stel volgens die bepalings van die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela nie.
Sy het verlede jaar in haar verslag oor staatskaping bepaal dat Zuma ‘n kommissie moet aanstel, maar die hoofregter moet die hoof van die kommissie aanstel.
Dit volg na bewerings dat die Gupta-familie ‘n groot invloed het op regeringsaanstellings.
Zuma se regspan gaan aanvoer dat die president ‘n kommissie moet aanstel slegs wanneer hy dink dit nodig is en self moet besluit wie die hoof van die kommissie is.
Die DA se regsverteenwoordigers wys daarop dat Zuma reeds in Junie vanjaar
in die parlement gesê het dat hy reeds besluit het om ‘n kommissie aan te stel.
Die hof het verlede maand die DA se aansoek, wat vra dat die president verplig word om die kommissie aan te stel, van die hand gewys.
Dit was hangende Zuma se hersiening van die Openbare Beskermer se regstellende optrede wat vandag begin.
The post Staatskaping: Zuma se regspan in hof oor kommissie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.