
Die DA sê Finansminister Malusi Gigaba moet oormôre se mediumtermyn-beleidsrede gebruik om beslissend op te tree teen die vyf uitdagings wat ekonomiese agteruitgang veroorsaak.
Woordvoerder David Maynier het by die Parlement in Kaapstad aan die media gesê Gigaba behoort ‘n pakket van struktuur-hervorming aan te kondig wat sakevertroue sal aanhelp en die onafhanklikheid van finansiële instellings soos die Reserwebank, die Openbare Beleggingskorporasie en die Tesourie sal steun.
The post DA vra Gigaba moet fokus op 5 groot uitdagings vir die ekonomie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.