
Nog drie skoolkinders is by die Canzibe-hospitaal dood nadat hulle skoolbus
vroeër vandag naby Lwandile in die Oos-Kaap omgeslaan het.
Dit bring die dodetal op vier te staan.
Die bus het 65 kinders na ‘n plaaslike skool vervoer.
‘n Woordvoerder van die provinsiale Departement van Gesondheid, Sizwe Kupelo, sê die ander leerders wat ernstig beseer is, sal per helikopter na die Nelson Mandela-hospitaal in Mthatha vervoer word.
The post Dodetal ná skoolbus-ongeluk staan op 4 appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.