
‘n Lid van die weermag verskyn vandag in die Middelburg Landdroshof in
Mpumalanga op drie aanklagte van moord en brandstigting.
Die 44-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n huis in die Mhluzi-township aan die brand gesteek het.
‘n Vrou en haar twee kinders van 10- en 17-jaar oud is in die brand dood.
‘n Polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi sê die man het brandwonde
aan sy hande en arms opgedoen, en is onder polisiebewaking in die hospitaal.
The post Lid van weermag in hof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.