
Londen het vandag ‘n heffing ingestel op ouer voertuie wat die meeste lugbesoedeling veroorsaak in ‘n poging om die Britse hoofstad se luggehalte te verbeter.
Die daaglikse t-belasting van tien pond, oftewel R180, is van toepassing op petrol- en diesel-aangedrewe voertuie wat voor 2006 geregistreer is en nie aan uitlaat-standaarde voldoen nie.
Saam met ‘n daaglikse heffing van R206 om in die middestad te ry, kan dit motoriste ‘n aardige bedraggie kos om van privaat vervoer gebruik te maak.
The post Londen: Heffing ingestel op ouer voertuie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.