
Die Universiteit van die Vrystaat glo akademiese bedrywighede sal môre sonder ontwrigting voortgaan.
46 Kovsie-studente is sedert Donderdag in hegtenis geneem na die jongste betoging oor klas- en verblyfgeld.
Die instelling sê streng veiligheidsmaatreëls is ingestel op die kampusse in Bloemfontein en Qwaqwa en die toestand word noukeurig dopgehou.
Alles moontlik word gedoen om te verseker dat die eksamen kan voortgaan.
The post Streng veiligheidsmaatreëls by Kovsies appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.