
Portugal se minister van Binnelandse Sake, Constanca Urbano de Sousa, het bedank nadat meer as honderd mense die afgelope vier maande in veldbrande in die land gesterf het.
Honderde brande woed sedert Sondag in die noorde en sentrale deel van die land na die droogste somer in neëntig jaar en het minstens 41 lewens geëis terwyl brandbestrydings- en reddingsdienste oorweldig is.
In Junie is 64 mense in ‘n brand dood.
‘n Wantroue-mosie word volgende week teen die regering gedebatteer weens sy stadige reaksie op die brande.
The post Portugese minister bedank weens rampspoedige veldbrande in die land appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.