
Die minister van Kommunikasie, Mmamoloko Kubayi, sê die Kabinet het vertroue in die nuwe raad van die Suid-Afrikaanse Lugdiens.
Finansminister Malusi Gigaba het vroeër bevestig dat Dudu Myeni se kontrak as voorsitter van die raad beëindig is en dat ses nuwe raadslede aangestel word, insluitend die sakeman JB Magwaza as nuwe voorsitter.
Die skuiwe word op 3 November van krag.
Kubayi het op ‘n nuuskonferensie oor die kabinetsvergadering gesê die nuwe raad is aangestel om bestendigheid te verseker.
The post “Kabinet het vertroue in nuwe SAL-raad” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.