
Die Valke stel ondersoek in na die lekkasie van ‘n geraamde 50 miljoen Suid-Afrikaners se persoonlike inligting.
Dit sluit in identiteitsnommers, persoonlike inkomste, werksgeskiedenis, maatskappy-direkteurskappe en adresse en president Jacob Zuma en die minister van Polisie, Fikile Mbalula, is onder die slagoffers.
Die Valke sê sy ondersoekers in die kubermisdaad-eenheid sal onverpoosd werk om agter die kap van die byl te kom.
The post Valke ondersoek die uitlek van miljoene Suid-Afrikaners se persoonlike data appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.