
‘n Man van Noordwes is in die landdroshof op Lichtenburg borgtog van R20 000 toegestaan toe hy verskyn het in verband met die moord op ‘n tienerseun.
Jaco du Plooy sê die 15-jarige Joseph Tshukudu was deel van ‘n gewelddadige skare wat hom wou doodmaak en hou vol dat hy nie ‘n gewelddadige man is nie.
‘n Polisielid wat tydens die borgtogaansoek getuig het, sê Du Plooy het gevlug nadat hy besef het hy het Joseph tussen die oë geskiet.
The post Tienerseun vermoor: Man op borgtog van R20 000 toegestaan appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.