
Die sangeres en gewese politikus Jennifer Ferguson sê ‘n vooraanstaande
Suid-Afrikaanse sportadministrateur het haar 24 jaar gelede in ‘n hotelkamer in Port Elizabeth verkrag.
Sy noem sy naam op haar blog.
Ferguson sê sy kan nie langer stilbly oor die magsmisbruik van invloedryke mans nie.
Die sangeres, wat nou in Swede woon, sê die aanval het plaasgevind nadat sy by ‘n sportdinee opgetree het.
The post Ferguson sê sy was 24 jaar gelede verkrag appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.