
Die Vryheidsfront Plus sê die minister van minerale hulpbronne, Mosebenzi
Zwane, maak benoude spronge om sy aandeel in staatskaping en spesifiek met betrekking tot die Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat te verbloem.
Volgens Zwane het die VF Plus en ander opposisiepartye die Vrede-suiwelprojek wat die belastingbetaler nagenoeg R570 miljoen gekos het en onder meer ʼn Gupta-troue gefinansier het, gesteun.
Wouter Wes sels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, sê dit is ʼn blatante leuen.
Wessels sê Zwane is blatant oneerlik met die parlementêre komitee, want benoude katte maak benoude spronge.
Zwane het gister voor die parlementêre komitee vir minerale hulpbronne verskyn om bewerings oor sy betrokkenheid by moontlike staatskaping te verduidelik.
The post Vrede-suiwelprojek: “Zwane is oneerlik” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.