
Die Springbokflank Francois Louw is vir drie weke geskors nadat hy skuldig bevind is aan oogkrappery.
Hy het die oortreding begaan tydens ‘n Kampioenskapsbeker-wedstryd vir sy Britse klub Bath teen Benetton.
Louw het skuldig gepleit aan kontak met die oog-area van die Italiaanse voorspeler Marco Fuser, wat onskuldig bevind is dat hy Louw gebyt het omdat daar nie voldoende bewyse was nie.
Louw se skorsing eindig op 6 November, wat beteken dat hy oorweeg kan word vir die Bokke se toets teen Ierland in Dublin die elfde.
The post Francois Louw word vir drie weke geskors appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.