
Die DA het die verwydering van Dudu Myeni as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens verwelkom en sê sy het die nasionale redery onmeetbare skade aangedoen.
Die Kabinet het haar volgens berigte vervang met die sakeman JB Magwaza.
Die SAL het die afgelope vyf jaar meer as R15 miljard se verlies gely terwyl regeringsteun vir die sukkelende redery sedert 2008 byna R24 miljard beloop.
Die DA sê daar moet nog gesien word waar Finansminister Malusi Gigaba die byna R15 miljard gaan kry wat nodig is om die SAL tot die einde van die boekjaar in bedryf te hou.
The post DA verwelkom Dudu Myeni se verwydering appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.