
Die rand het vanoggend verder verswak in reaksie op President Jacob Zuma se jongste kabinetskommeling en `n sterker Amerikaanse dollar.
Die rand het tot R13,41 teenoor die dollar verswak, hoewel dit gister in `n stadium tot bykans R13,47 ná die kabinetskommeling gedaal het.
Die markte se reaksie was grootliks as gevolg van Zuma se besluit om sy vertroueling David Mahlobo as die Minister van Energiesake aan te stel.
Markte het dit vertolk as `n aanduiding dat hy `n kerkragooreenkoms met Rusland wil beklink.
The post Rand verswak weens jongste kabinetskommeling appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.