
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, gaan môre by die Lyttelton-polisiekantoor in Pretoria strafregtelike aanklagte van aanhitsing tot betreding teen die EFF-leier, Julius Malema, indien.
Dit volg nadat Malema die afgelope naweek tydens die EFF se verjaarsdagviering in Durban sy ondersteuners aangehits het om wit mense se grond te gryp.
Hy het volgens berigte onder meer gesê mense wat nog nie ’n stukkie grond vir hulself gevat het nie, is lafaards.
The post AfriForum dien aanklagte in teen Malema appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.