
Vyf mense is gister in hegtenis geneem in verband met die koelbloedige moord van ʼn 70-jarige man van Wolmaransstad in Noordwes.
Polisiewoordvoerder, brigadier Sabata Mokgwabone, sê die booswigte het die man en sy gesin verlede Sondag ná kerk op pad huis toe agtervolg en op hulle toegeslaan toe hul binne die huis was.
Maroela Media sê die man se keel is afgesny en sy vrou en sy dogter is na ʼn kitsbank geneem en gedwing om geld te onttrek.
Die rowers het tot ná middernag gewag om nog geld te trek en het die twee vroue in die bosse langs die N12 by Wolmaransstad afgelaai en weggejaag.
The post 5 vas vir moord op man (70) van Wolmaransstad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.