
Die verhoor van twee mans in die sogenaamde doodskis-saak, Theo Jackson en Willem Oosthuizen, sal vandag in die rondgaande hof op Delmas in Mpumalanga begin.
Hulle is vroeër die maand in die landdroshof op Middelburg op borgtog van R1000 elk vrygelaat.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Victor Mlotshwa in ‘n doodskis ingedwing en gedreig het om hom aan die brand te steek, en sal tereg staan op aanklagte van ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen.
The post Doodskis-saak: Verhoor begin vandag appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.