![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/EFFLogo1-20-150x150.png)
Die EFF het ‘n beroep op die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, gedoen om die eerbare ding te doen en te bedank.
Die party sê in ‘n verklaring Mkhwebane moes besef het dat die OB se aanbevelings bindend is, en as niemand haar teengestaan het nie, sou sy die hele land in die verkeerde rigting gestuur het.
Die DA het ook vroeër gesê die OB se erkenning dat sy verkeerd was om die parlement opdrag te gee om die grondwet te verander om die Reserwebank se mandaat te wysig, laat ernstige vrae oor haar bevoegdheid en vermoë om onafhanklik op te tree.
The post “Die OB moet bedank” – EFF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.