![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-236-150x150.png)
Die losskakel van die Vrystaat se Cheetah-rugbyspan, Niel Marais, het gister
in die verkeershof in Bloemfontein verskyn nadat hy na bewering Sondag in die vroeë oggendure onder die invloed van alkohol teen ’n polisievoertuig vasgery het.
Netwerk24 berig sy verhoor op aanklagte dat hy onder die invloed van drank sowel as roekeloos bestuur het, is tot 15 Augustus uitgestel.
Volgens ao. Loraine Earle was die botsing waarin Marais na bewering betrokke was, die laaste van drie op dieselfde toneel.
Die polisie van Bainsvlei was op die toneel van ’n botsing op die pad van Bloemfontein na Dealesville toe Jay-Jay Jansen na bewering met sy Corsa teen die patrollievoertuig vasgery het.
Hy is glo net daar in hegtenis geneem.
Daarna het Marais na bewering teen die blitspatrollie se voertuig vasgery en ook daar op die toneel in hegtenis geneem.
The post Cheetah-speler in hof oor dronkbestuur, botsing appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.