
‘n Rekordgetal mense het die afgelope jaar by die Aurora Alkohol-en-dwelmsentrum in Bloemfontein behandeling ontvang.
Die direkteur van Aurora, Gert Kruger, het op die sentrum se jaarvergadering gesê altesaam 509 mense, 437 mans en 72 vroue, is in die afgelope boekjaar in die sentrum behandel.
Hiervan was 56 jong mense en kinders.
Netwerk24 was die meeste pasiënte nog wat in een boekjaar behandel is.
Kruger sê alkohol is steeds die grootste bron van verslawing in die Vrystaat, gevolg deur dagga en die dwelm Cat.
Hy sê die meeste mense wat vir drank- en dwelmmisbruik behandel is, is werkloos, skoliere, mynwerkers en lede van die veiligheidsdienste, soos die polisie en weermag.
The post Rekordgetal mense by Bfn-dwelmsentrum appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.