
President Jacob Zuma sê die regering het reeds ver gevorder om te verseker dat jong mense toegang tot gratis onderrig het.
Hy het tydens Jeugdagvieringe by Ventersdorp in Noordwes gesê die regering is daartoe verbind om gratis tersiêre onderrig beskikbaar te stel aan jong mense wat dit verdien, maar dit nie kan bekostig nie.
Zuma het gesê onderrig is die kragtigste wapen vir ekonomiese vryheid.
The post ‘Regering vorder met toegang tot gratis onderrig’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.