!["Dit is 'n groot oorwinning vir VF+"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/VF-Plus-5-150x150.jpg)
Die voorsitter van die Vryheidsfront Plus, Anton Alberts, sê die aankondiging oor ‘n ondersoek na ongerymdhede in die vakansieklub-bedryf is ʼn groot oorwinning vir dié party.
Hy sê die party het die saak oor jare deurlopend en met groot ywer namens alle vakansieklublede gedryf en het nooit moed opgegee nie.
Alberts het die publiek aangemoedig om aan die ondersoek deel te neem sodat gebreke en ongerymdhede in die bedryf reggestel kan word.
Hy sê mense word tans geteister met regsaksies en skuldinvorderaars.
The post “Dit is ‘n groot oorwinning vir VF+” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.