Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Bfn man se selfdood na saak van moord verander

$
0
0
Bfn man se selfdood na saak van moord verander

Die Vrystaatse polisie het ’n ondersoek na die vermoedelike selfdood van ’n
Bloemfonteinse polisieman, wat verlede maand in raaiselagtige omstandighede in die stad doodgeskiet is, in ‘n klag van moord verander.

Netwerk24 berig die ondersoek na die skietdood van ao. Deon Greeff is in een van moord verander en die saak is aan die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat oorgegee.

’n Kollega van hom is glo ’n verdagte.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig met die geregtelike doodsondersoek is bevind Greeff het homself nie geskiet nie.

Die 46-jarige Greeff, wat 27 jaar se diens in die polisie gehad het, is op 12 Januarie dood toe hy ’n vroulike kollega by die huis in Grasland 2 afgelaai het.

Dié kollega is glo kort ná die skietery in ’n psigiatriese hospitaal in Bloemfontein opgeneem en is vermoedelik ‘n verdagte in die ondersoek.

The post Bfn man se selfdood na saak van moord verander appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!