
Twee vroue en ’n man sal vandag in die hof verskyn weens die moord op die 57-jarige adjudant-offisier Dion Dumas van die Malmesbury-polisiekantoor wat op Oukersdag vermis geraak het.
Sy liggaam is Dinsdag in ’n veld naby Atlantis aan die Weskus gevind.
Die oorsaak van Dumas se dood is nog nie bekend gemaak nie.
Die polisie soek nog na ‘n vierde persoon wat moontlik by die moord betrokke was.
The post 3 IN HOF VIR OFFISIER SE MOORD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.