Die saak teen Theo Jackson and Willem Oosthuizen wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n swart man in ‘n doodskis geprop en gedreig het om petrol daaroor uit te gooi is in die Middelburg landdroshof in Mpumalanga vir verdere ondersoek tot 25 Januarie uitgestel.
Die twee mans bly tot met hulle volgende hofverskyning in aanhouding nadat hulle hul borgtogaansoeke weens doodsdreigemente teruggetrek het.
Verskeie politieke partye, onder wie die EFF en DA, het buite die hof betoog.
The post 2 IN HOF OOR DOODSDREIGEMENTE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.